1 Samuel 17:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het sy hand in sy sak gesteek en 'n klip daarvandaan geneem en dit geslinger, en hy het die Filistyn op sy voorhoof geslaan, sodat die klip in sy voorhoof gesink het; en hy het op sy aangesig na die aarde geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy steek sy hand in sy slingersak, vat ’n klip daaruit, gooi dit met sy slingervel en tref die voorkop van die Filistyn. Die klip het in sy kop ingedring en hy het met sy gesig vooroor op die grond geval.
Afrikaans 1933/1953 en Dawid steek sy hand in die tas en neem 'n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.
Afrikaans 1983 Toe steek Dawid sy hand in die sak, vat 'n klip daaruit, gooi met die slingervel, en tref die Filistyn teen die voorkop. Die klip het in sy voorkop ingedring, en hy het vooroor geval op die grond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het sy hand in die sak gesteek en 'n klip daaruit geneem, met die slingervel gegooi, en die Filistyn op sy voorkop getref. Die klip het sy voorkop binnegedring, en hy het op die grond op sy gesig geval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het 'n klip uit sy sak gehaal en hy het dit met die slingervel gegooi. Hy het die klip so hard teen die Filistyn se voorkop gegooi, dat dit in sy kop ingegaan het. Die Filistyn het op sy gesig op die grond geval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid steek sy hand in die sak, haal ’n klip uit en gooi met die slingervel. Die klip tref die Filistyn reg voor die kop en gaan in sy voorkop in sodat hy vooroor op die grond val.