1 Samuel 17:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Filistyn hom klaarmaak en nader kom om Dawid te ontmoet, het Dawid hom gehaas en na die leër gehardloop om die Filistyn te ontmoet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet; |
| Afrikaans 1983 | Toe die Filistyn regmaak en nader kom om Dawid te ontmoet, het Dawid die Filistyn vinnig op die vegterrein tegemoet gehardloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Filistyn gereedmaak en al nader kom om Dawid tegemoet te loop, het Dawid die Filistyn vinnig tegemoet gehardloop in die rigting van die gevegslinie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Filistyn gereedmaak en nader kom om teen Dawid te veg, het Dawid vinnig vorentoe gehardloop om by hom te kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Filistyn hom gereedmaak en nader kom om teen Dawid te veg, het Dawid vinnig nader gehardloop om hóm aan te val. |