1 Samuel 17:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hierdie hele vergadering sal weet dat die HERE nie deur swaard en spies verlos nie; want die geveg behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die Here nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!”
Afrikaans 1933/1953 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.
Afrikaans 1983 Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal hierdie hele strydmag moet erken dat dit nie deur swaard en vegspies is wat die Here verlos nie. Ja, die oorlog behoort aan die Here, en Hy sal julle in ons hand gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal wat hier bymekaar is, sal weet dat dit die Hére is wat mense red. Hy gebruik nie swaarde en spiese wanneer Hy hulle red nie. Dit is Hý wat besluit wat gebeur in 'n oorlog en Hy sal ons laat wen teen julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en al die mense wat hier bymekaar is, sal weet dat die Here nie swaarde en spiese nodig het om mee te red nie. Die Here besluit wie ’n oorlog wen en Hy het julle klaar aan ons oorgegee.”