1 Samuel 17:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die Filistyn vir Dawid: Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid by sy gode vervloek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy skreeu vir hom: “Is ek ’n hond dat jy met ’n stok na my toe kom?” Toe vervloek hy Dawid in die naam van die Filistyne se gode. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyn het vir Dawid gesê: “Is ek 'n hond dat jy met kieries na my toe kom?” Hy het Dawid toe in die naam van die Filistynse gode vervloek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyn sê toe vir Dawid: “Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom?” En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyn het vir Dawid gesê: “Dink jy ek is 'n hond? Hoekom kom jy met 'n kierie na my toe? Ek vervloek jou, my gode sal jou laat sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir Dawid: “Dink jy ek is ’n hond dat jy met stokke na my toe kom?” Hy het Dawid vervloek in die naam van sy gode |