1 Samuel 17:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyn het aangekom en nader gekom na Dawid; en die man wat die skild gedra het, het voor hom uit gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyn het na Dawid toe uitgekom, met sy skilddraer voor hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyn het al hoe nader gekom na Dawid toe, terwyl sy skilddraer voor hom was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyn het al hoe nader aan Dawid gekom, met voor hom die man wat die grootskild dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyn het nader gekom na Dawid toe. Die man wat sy skild gedra het, was voor hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyn kom al hoe nader na Dawid toe. Voor hom loop die man wat die groot skild dra. |