1 Samuel 17:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n kampvegter uit die laer van die Filistyne uitgetrek, met die naam van Goliat, van Gat, wie se hoogte ses el en 'n span was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Goliat, ’n uithalervegter van Gat, het uit die leër van die Filistyne na vore gekom. Hy was drie meter lank. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom daar 'n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Goliat, uit Gat; sy hoogte was ses el en 'n span. |
| Afrikaans 1983 | Toe kom daar 'n baasvegter uit die laer van die Filistyne uit. Sy naam was Goliat en hy was afkomstig uit Gat. Hy was drie meter lank. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar tree toe 'n baasvegter uit die kampe van die Filistyne na vore met die naam Goliat, afkomstig uit Gat. Sy lengte was ses el en 'n span. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Voorvegter het uit die Filistyne se kamp gekom. Sy naam was Goliat en hy het uit die stad Gat gekom. Hy was ses el en 'n span lank. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar kom toe ’n voorvegter uit die kamp van die Filistyne. Sy naam was Goliat. Hy het uit die dorp Gat gekom en hy was amper drie meter lank. |