1 Samuel 17:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het Dawid met sy wapenrusting bewapen en 'n koperhelm op sy hoof gesit; ook het hy hom met 'n wapen gewapen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek: ’n bronshelm op sy kop en ’n borsharnas. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koperhelm op sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek. |
| Afrikaans 1983 | Saul het sy eie uitrusting vir Dawid laat aantrek: hy het 'n bronshelm op sy kop gesit en hom 'n harnas laat aantrek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het Dawid sy eie uitrusting laat aantrek. Hy het 'n helm van brons op sy kop gesit en hom 'n harnas laat aantrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het toe sy klere geneem en hy het dit vir Dawid gegee om aan te trek. Saul het sy helm van brons op Dawid se kop gesit en hy het gesê Dawid moet die harnas aantrek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul trek toe vir Dawid sy eie oorlogsklere aan: hy sit ’n brons helm op sy kop en trek vir hom ’n veghemp aan. |