1 Samuel 17:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul vir Dawid: Jy kan nie teen hierdie Filistyn optrek om teen hom te veg nie, want jy is maar 'n jong man, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie verspot wees nie,” sê Saul. “Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ’n seun, terwyl hy van jongs af ’n vegter is!”
Afrikaans 1933/1953 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.
Afrikaans 1983 Maar Saul sê vir Dawid: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is jonk en hy 'n vegter van kindsbeen af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Saul sê vir Dawid: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is nog maar 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir Dawid gesê: “Jy kan nie teen hom gaan veg nie, want jy is 'n kind en hy is 'n man wat oorlog maak vandat hy jonk was.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Saul sê vir Dawid: “Nee, man, jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie! Jy is nog ’n kind en hy is van kleintyd af al ’n beroepsoldaat.”