1 Samuel 17:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die woorde gehoor word wat Dawid gespreek het, het hulle dit voor Saul laat hoor, en hy het hom laat roep.
Afrikaans (NLV) 2011 Al meer mense het gehoor wat Dawid sê en het dit aan Saul oorgedra. Hy het Dawid laat roep.
Afrikaans 1933/1953 Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het die hom laat haal.
Afrikaans 1983 Die woorde wat Dawid gesê het, het rugbaar geword. Die manskappe het dit vir Saul vertel, en hy het hom laat haal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die woorde wat Dawid gesê het, het rugbaar geword; en toe hulle dit vir Saul vertel, het hy hom laat haal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party manne het gehoor wat Dawid sê, en hulle het dit vir koning Saul gaan vertel. Saul het vir Dawid laat roep.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manskappe het gehoor wat Dawid sê en dit vir Saul gaan vertel. Saul laat hom toe haal.