1 Samuel 17:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het van hom af weggedraai na 'n ander en op dieselfde manier gespreek, en die skare het hom weer op die vorige manier geantwoord.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy gaan toe na iemand anders toe en vra dieselfde vraag en kry dieselfde antwoord.
Afrikaans 1933/1953 En hy het by hom weggedraai na iemand anders en dieselfde woorde gespreek, en die manskappe het hom geantwoord volgens die eerste woorde.
Afrikaans 1983 Dawid het van hom af weggedraai na 'n ander een toe en dieselfde gevra, en die manskap het geantwoord soos die eerste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het van Eliab weggedraai na iemand anders en dieselfde vraag gevra. Die manskappe het hom dieselfde antwoord gegee as die eerste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het weggedraai van Eliab. Hy het dieselfde vir die ander manne gevra, en hulle het vir hom dieselfde geantwoord.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy draai toe weg van Eliab af na van die ander manne en vra vir hulle ook dieselfde vraag. Hulle gee hom toe dieselfde antwoord.