1 Samuel 17:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk het hom so geantwoord en gesê: So sal dit gedoen word met die man wat hom doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het dieselfde antwoord as vroeër ontvang: “Dit is wat sal gebeur met die man wat hom doodmaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manskappe gee hom dieselfde antwoord: So sal met die man gebeur wat hom verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Die manskappe het dieselfde vir hom gesê: “So sal gedoen word aan die man deur wie die Filistyn verslaan word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manskappe het hom met dieselfde woorde geantwoord: “Dit is wat gedoen sal word vir die man wat hom verslaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne het vir Dawid gesê wat die koning sal doen vir die man wat die Filistyn oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die manne het vir Dawid dieselfde antwoord gegee: “Dit is wat gedoen sal word met die man wat die Filistyn doodmaak.” |