1 Samuel 17:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het met die manne wat by hom staan, gespreek en gesê: Wat moet met die man gedoen word wat hierdie Filistyn doodmaak en die smaad van Israel wegneem? want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God sou uitdaag?
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid praat toe met die ander wat daar by hom staan. “Wat sal gebeur met die man wat hierdie Filistyn doodmaak en so ’n einde bring aan die skande oor Israel? Wie is hierdie onbesnyde Filistyn dat hy die leër van die lewende God so kan beledig?”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?
Afrikaans 1983 Dawid het vir die manskappe wat by hom staan, gevra: “Wat sal gebeur met die man wat die skande van Israel wegneem en die Filistyn daar anderkant verslaan? Wie is hierdie heiden, hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid vra toe vir die manne wat by hom staan: “Wat sal gedoen word vir die man wat hierdie Filistyn verslaan en die bespotting van Israel laat wyk? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn nogal dat hy 'n bespotting maak van die gevegslinies van die lewende God?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir die manne wat by hom gestaan het, gevra: “Wat sal die koning doen vir die man wat hierdie Filistyn wen sodat hy nie meer die Israeliete sal spot nie? Want wie is hierdie Filistyn? Hy is 'n heiden. Hoekom sê hy die soldate van die God wat lewe, beteken niks?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid sê toe vir die manne wat daar om hom staan: “Wat sal gebeur met die man wat daardie Filistyn doodmaak en hierdie skande vir Israel stopsit? Wie dink daardie heiden van ’n Filistyn miskien is hy dat hy so met die manskappe van die lewende God spot?”