1 Samuel 17:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe al die manne van Israel die man sien, het hulle van hom weggevlug en baie bang geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Israeliete Goliat hoor, het hulle weggehardloop omdat hulle vir hom bang was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Israeliete die man sien, het hulle almal vir hom gevlug en hulle was baie bang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar al die manne van Israel het, toe hulle die man sien, voor hom padgegee. Hulle was baie bang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die manne van Israel het teruggestaan toe hulle die man sien. Hulle was baie bang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Israeliete die man sien, was hulle almal doodbang en het teruggestaan. |