1 Samuel 17:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hy met hulle spreek, kyk, daar het die kampvegter, die Filistyn van Gat, met die naam van Goliat, uit die leërs van die Filistyne opgekom en volgens dieselfde woorde gespreek, en Dawid het hulle gehoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juis toe kom Goliat, die uithalervegter van Gat, uit die Filistyne se linies na vore. Dawid het sy herhaalde uitdaging gehoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter -- Goliat is sy naam, die Filistyn uit Gat -- uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor. |
| Afrikaans 1983 | en terwyl hy nog met hulle praat, kom die baasvegter Goliat die Filistyn uit Gat juis uit die linies van die Filistyne vorentoe en hy praat weer so. Dawid het dit gehoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was nog besig om met hulle te praat, toe die baasvegter met die naam Goliat, die Filistyn, uit Gat, juis na vore tree uit die gevegslinies van die Filistyne, en dieselfde woorde sê. Dawid het dit gehoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die voorvegter se naam was Goliat. Hy het vorentoe gekom terwyl Dawid besig was om met sy broers te praat. Goliat was 'n Filistyn wat uit die stad Gat gekom het. Hy het weer gespog, soos voorheen, en Dawid het dit gehoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl hy nog met hulle praat, kom die voorvegter van die Filistyne met die naam Goliat, die man uit Gat, vorentoe en skree weer dieselfde woorde sodat Dawid dit hoor. |