1 Samuel 17:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul en die manne van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by die dal van Ela en die geveg opgestel teen die Filistyne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul en die manskappe van Israel het in die vallei by die groot boom kamp opgeslaan en hulle vir die geveg teen die Filistyne gereedgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Saul en die manne van Israel het byeengekom en laer opgeslaan in die dal van die terpentynboom en hulle in slagorde teenoor die Filistyne opgestel. |
| Afrikaans 1983 | Saul en die manskappe van Israel het bymekaargekom en kamp opgeslaan in die laagte by die groot boom en teenoor die Filistyne stelling ingeneem om te veg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul en die manne van Israel het saamgetrek en kamp opgeslaan in die Ela-vallei. Hulle het die gevegslinies opgestel vir die oorlog teen die Filistyne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul en die manne van Israel het ook bymekaargekom. Hulle het hulle tente opgeslaan in die vallei waar die groot boom is, en hulle het in rye gereedgestaan om oorlog te maak teen die Filistyne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul en die Israeliete het ook bymekaargekom. Hulle kamp was by Eikelaagte. Hulle het gereedgemaak om teen die Filistyne te veg. |