1 Samuel 17:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul en hulle en al die manne van Israel was in die dal van Ela en het teen die Filistyne geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid se broers was manskappe in Saul se leër wat in die laagte by die groot boom teen die Filistyne geveg het.
Afrikaans 1933/1953 En Saul en hulle en al die manne van Israel was besig om te veg teen die Filistyne in die dal van die terpentynboom.
Afrikaans 1983 Saul en jou broers en die hele Israel is in die laagte by die groot boom aan die veg teen die Filistyne.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul en die broers en al die manne van Israel was steeds besig om teen die Filistyne oorlog te maak in die Ela-vallei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul en die broers van Dawid en die manne van Israel was in die vallei waar die groot boom is. Hulle was daar om oorlog te maak teen die Filistyne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle en Saul en al die manskappe van Israel maak daar by Eikelaagte oorlog teen die Filistyne.”