1 Samuel 17:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En bring hierdie tien kase na die owerste oor hulle duisend, en kyk hoe dit met jou broers gaan, en neem hulle pand.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee hierdie tien stukke kaas vir hulle bevelvoerder. Kyk ’n bietjie hoe dit met jou broers gaan en bring iets saam om te bewys dat dit goed gaan met hulle.”
Afrikaans 1933/1953 Maar hierdie tien skywe kaas moet jy bring na die owerste oor duisend, en jy moet ondersoek doen na die welstand van jou broers en van hulle 'n pand saambring.
Afrikaans 1983 Die tien kase moet jy na die aanvoerder van die afdeling toe vat. Dan moet jy sommer kyk of dit nog goed gaan met jou broers, en 'n bewys daarvan saambring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie tien blokke kaas moet jy vir die bevelvoerder van die afdeling gee. En oor jou broers moet jy uitvind hoe dit gaan, en 'n bewys van hulle af saambring. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En hierdie tien stukke kaas moet jy vir hulle offisier bring. Jy moet kyk hoe dit met jou broers gaan en jy moet iets saambring wat vir my sal wys dat hulle nog lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié tien kase moet jy vir die leier van hulle groep gee. Hoor hoe dit met jou broers gaan en bring dan ’n bewys saam dat jy by hulle was.