1 Samuel 17:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die drie oudste seuns van Isai het gegaan en Saul gevolg in die geveg; en die name van sy drie seuns wat in die geveg uitgetrek het, was Eliab, die eersgeborene, en naas hom Abinadab en die derde Samma.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oudste drie, Eliab, Abinadab en Samma, was soldate in Saul se leër.
Afrikaans 1933/1953 Maar die drie oudste seuns van Isai het Saul al in die oorlog gevolg; en die name van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan het, was: El¡ab, die oudste, en sy tweede, Abin dab, en die derde, Samma.
Afrikaans 1983 Die drie oudste seuns van Isai het Saul na die oorlog toe gevolg. Die name van die drie seuns wat gaan veg het, was Eliab die oudste, Abinadab die tweede, en Samma die derde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die drie oudste seuns van Isai het Saul gevolg na die oorlog. Die name van sy drie seuns wat oorlog toe is, was Eliab die eersgeborene, sy tweede was Abinadab, en die derde was Samma.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy drie oudste seuns het saam met Saul gaan oorlog maak. Hulle was Eliab, die oudste seun, en Abinadab en Samma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***