1 Samuel 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die Filistyn: Ek verag die leërs van Israel vandag; gee my 'n man, dat ons saam kan veg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek daag vandag die gevegsmagte van Israel uit! Stuur tog iemand om teen my te veg!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my 'n man, dat ons saam kan veg. |
| Afrikaans 1983 | Verder het die Filistyn nog gesê: “Ek staan die linies van Israel al heeldag en verkleineer! Gee my tog iemand dat ons teen mekaar kan veg.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyn het gesê: “Ek, ja ek, maak vandag van die gevegslinies van Israel 'n bespotting! Stuur vir my 'n man, sodat ons kan veg!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyn het gesê: “Ek sê nou vir julle: Julle Israeliete beteken niks. Julle moet vir my 'n man stuur sodat ons teen mekaar kan veg.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy skree toe ook nog: “Ek spot al die hele dag met die soldaatjies van die Israeliete! Stuur tog nou iemand om teen my te kom veg!” |