1 Samuel 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het hulle leërs bymekaargemaak om te veg, en hulle het bymekaargekom by Sogo wat aan Juda behoort, en hulle het laer opgeslaan tussen Sogo en Aséka, in Efes-Dammim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistynse troepe het saamgetrek vir oorlog. Hulle het by Soko in Juda bymekaargekom en kamp opgeslaan by Efes-Dammim, tussen Soko en Aseka. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog en bymekaargekom by Sogo wat aan Juda behoort, en laer opgeslaan tussen Sogo en As,ka in Efes-Dammim. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het hulle krygsmag opgeroep. Hulle het bymekaargekom in Soko wat aan Juda behoort, en het kamp opgeslaan in Efes-Dammim tussen Soko en Aseka. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het hulle leër laat saamtrek vir oorlog. Hulle het byeengekom by Sogo, wat aan Juda behoort, en het kamp opgeslaan tussen Sogo en Aseka by Efes-Dammim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het hulle manne laat bymekaarkom om oorlog te maak. Hulle het bymekaargekom by die stad Soko in die land Juda, en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Efes-Dammim, tussen Soko en Aseka. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het hulle soldate bymekaargemaak vir oorlog en by Soko wat in Juda is, saamgekom. Hulle kamp was by Efes-Dammim, tussen Soko en Aseka. |