1 Samuel 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Isai Abinadab geroep en hom voor Samuel laat verbygaan. En hy sê: Ook dit het die HERE nie uitverkies nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe roep Isai vir Abinadab en laat hom voor Samuel verbyloop, maar Samuel sê: “Dis ook nie die Here se keuse nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe roep Isai Abin dab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
Afrikaans 1983 Toe roep Isai vir Abinadab en laat hom voor Samuel verbygaan en hy dink: die Here het ook hierdie een nie gekies nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Isai roep toe vir Abinadab en laat hom voor Samuel verbygaan; maar hy het gedink: “Ook hierdie een het die Here nie gekies nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Isai vir Abinadab geroep en hy het hom voor Samuel laat verbyloop, maar Samuel het gesê: “Die Here het hom ook nie gekies nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isai roep toe vir Abinadab en stel hom aan Samuel voor. Samuel dink toe: “Die Here het seker ook nie hierdie een gekies nie.”