1 Samuel 16:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die HERE het vir Samuel gesê: Kyk nie na sy aangesig of na die hoogte van sy gestalte nie; want Ek het hom verwerp; want die HERE sien nie soos die mens sien nie; want die mens kyk na die uiterlike, maar die HERE kyk na die hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here sê vir Samuel: “Moenie volgens voorkoms of grootte of liggaamsbou oordeel nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here neem nie besluite soos mense nie! Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na die binnekant.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die m,ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan. |
| Afrikaans 1983 | Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Here het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy rysige gestalte kyk nie, want Ek het hom afgekeur. Dit gaan immers nie oor wat die mens sien nie, want: “Die mens kyk na wat hy sien, maar die Here kyk na die hart.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here het vir Samuel gesê: “Jy moenie na Eliab se gesig kyk en kyk hoe lank hy is nie. Eliab is nie die man wat Ek gekies het nie, want die Here kyk nie na dieselfde dinge as mense nie. Mense kyk hoe iemand lyk, maar die Here kyk wat in iemand se hart is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here sê vir Samuel: “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie. Ek wil hom nie hê nie. Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart.” |