1 Samuel 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle aankom, het hy Eliab aangekyk en gesê: Waarlik, die gesalfde van die HERE is voor hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle daar aankom, kyk hy na Eliab en dink: “Dis sekerlik die Here se gesalfde!”
Afrikaans 1933/1953 Toe hulle inkom en hy El¡ab sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die HERE sy gesalfde!
Afrikaans 1983 Toe hulle inkom, het Samuel vir Eliab gesien en gedink: die gesalfde van die Here staan hier voor die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle inkom en hy vir Eliab sien, het hy gedink: “Sekerlik, hier staan, voor die Here, sy gesalfde!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle kom, en Samuel sien vir Eliab, het hy gedink: Ja, dit is die gesalfde wat hier voor die Here staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Isai en sy seuns inkom, sien Samuel vir Eliab raak en dink: “Dís die man wat die Here wil laat salf.”