1 Samuel 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gesê: Vreedsaam, ek het gekom om aan die HERE te offer; heilig julle en kom saam met my na die offer. En hy het Isai en sy seuns geheilig en hulle na die offer geroep.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ja, in vrede,” antwoord Samuel. “Ek het gekom om ’n offer aan die Here te bring. Sorg dat julle die reinigingseremonie uitgevoer het sodat julle saam met my daaraan kan deelneem.” Hy het Isai en sy seuns self gereinig en na die geleentheid genooi.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die HERE te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Isai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.
Afrikaans 1983 En hy het gesê: “Ja. Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring. Reinig julle en kom saam met my na die offer toe.” Hyself het vir Isai en sy seuns gereinig en hulle na die offer toe genooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Ja, vrede! Om aan die Here 'n offer te bring – dit is waarvoor ek gekom het. Heilig julleself en kom saam met my na die •maaltydoffer.” Hy het Isai en sy seuns toe geheilig en hulle na die maaltydoffer genooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Ja, ek het gekom om vir die Here te offer. Julle moet julle reinig en julle moet saam met my kom offer.” Samuel het ook vir Isai en sy seuns gereinig en hy het hulle uitgenooi na die offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, daar’s nie ’n probleem nie,” sê hy. “Ek het net vir die Here kom offer. Was julle en trek skoon klere aan, dan kan julle saam met my van die offervleis eet.” Hy het ook vir Isai en sy seuns gesê om dit te doen en hulle na die ete by die offer genooi.