1 Samuel 16:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het gedoen wat die HERE gespreek het, en hy het in Betlehem gekom. En die oudstes van die stad het gebewe by sy koms en gesê: Kom jy in vrede? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel het gedoen wat die Here beveel het. Toe Samuel in Betlehem aankom, was die leiers van die dorp bang. Hulle vra hom toe: “Wat is verkeerd? Kom u in vrede?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Samuel het gedoen wat die HERE gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra: Is u koms vrede? |
| Afrikaans 1983 | Samuel het gedoen wat die Here gesê het. By sy aankoms in Betlehem het die leiers van die stad hom ontsteld tegemoet gekom en gesê: “Kom u in vrede?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het gedoen wat die Here gesê het. Toe hy in Betlehem aankom, kom die oudstes van die stad hom bewend tegemoet en vra: “Beteken u koms vrede?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het gedoen wat die Here gesê het. Toe hy in Betlehem kom, het die leiers van die stad hom kom ontmoet. Hulle was bang en hulle het gevra: “Kom jy om iets te doen wat goed is vir ons?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het gemaak soos die Here vir hom gesê het. Toe hy in Betlehem aankom, het die mense geskrik en die leiers van die dorp het na hom toe gekom en gevra: “Kom u omdat hier ’n probleem is?” |