1 Samuel 16:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die bose gees van God oor Saul was, neem Dawid die siter en speel met sy hand; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Telkens wanneer die bose gees vir Saul kwel, het Dawid op die lier gespeel. Dit het Saul beter laat voel en die bose gees het hom laat staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom. |
| Afrikaans 1983 | Telkens wanneer die boosaardige gees in Saul was, het Dawid die lier gevat en daarop gespeel. Dan het Saul bedaar, en die boosaardige gees het van hom af padgegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Telkens wanneer die gees van God oor Saul gekom het, het Dawid die lier geneem en daarop gespeel. Dit het vir Saul verligting gebring; dit het hom goed gedoen. Die bose gees het dan van hom gewyk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke maal wanneer die bose gees wat van God gekom het, in Saul gekom het, dan het Dawid die lier geneem en musiek gemaak. Dan het Saul rustig geword en beter gevoel, en die bose gees het weggegaan van hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elke keer as die bose gees Saul beetpak, vat Dawid die lier en speel daarop. Dan gee die bose gees van Saul af pad, en word hy kalm en voel beter. |