1 Samuel 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het by Saul gekom en voor hom gaan staan, en hy het hom baie liefgehad; en hy het sy wapendraer geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het dit gebeur dat Dawid in Saul se diens getree het. Saul het so baie van Dawid gehou dat Dawid selfs sy wapendraer geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en die het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het. |
| Afrikaans 1983 | So het Dawid dan by Saul gekom en vir hom gewerk. Saul het baie van Dawid gehou, sodat hy Saul se wapendraer geword het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het by Saul aangekom en in sy diens getree. Saul het baie van hom gehou, en Dawid het sy wapendraer geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het na Saul toe gekom en hy het vir Saul begin werk. Saul het baie lief geword vir Dawid, en Dawid het Saul se wapendraer geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het by Saul gekom en vir hom begin werk. Saul het sommer baie van Dawid gehou en hy het Saul se wapendraer geword. |