1 Samuel 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Isai het 'n esel geneem, gelaai met brood, en 'n sak wyn en 'n bokkie en dit deur sy seun Dawid na Saul gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Isai het ’n jong bokkie geneem, kos en wyn op ’n donkie gelaai en dit alles saam met sy seun Dawid na Saul toe gestuur.
Afrikaans 1933/1953 Isai neem toe 'n esel, brood en 'n leersak met wyn en 'n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.
Afrikaans 1983 Isai het toe brood, 'n sak wyn en 'n klein bokkie gevat en dit op 'n donkie met sy seun Dawid na Saul toe gestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Isai neem toe 'n donkie en stuur dit met brood, 'n leersak wyn en 'n boklam, met sy seun Dawid na Saul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isai het brood en 'n velsak wyn op 'n donkie gelaai en hy het dit en 'n bok-lam saam met Dawid vir Saul gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isai het brood en ’n leersak met wyn op ’n donkie gelaai en ook ’n jong bokkie saam met Dawid vir Saul gestuur.