1 Samuel 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel: Hoe kan ek gaan? as Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die HERE: Neem 'n vers saam en sê: Ek het gekom om aan die HERE te offer.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Samuel vra: “Hoe kan ek dit doen? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak.” “Vat ’n jong vers saam met jou,” antwoord die Here, “en sê: ‘Ek kom om ’n offer aan die Here te bring.’
Afrikaans 1933/1953 Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die HERE: Neem 'n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan die HERE te offer.
Afrikaans 1983 Samuel vra toe: “Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak.” En die Here sê vir hom: “Neem 'n vers saam en sê: ‘Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Samuel het gesê: “Hoe kan ek gaan? As Saul daarvan hoor, sal hy my doodmaak.” Toe sê die Here: “'n Verskalf moet jy saam met jou neem en dan moet jy sê, ‘Om aan die Here 'n offer te bring – dit is waarvoor ek gekom het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het gesê: “Ek kan nie gaan nie. As Saul dit hoor, dan sal hy my doodmaak.” Die Here het gesê: “Jy moet 'n jong koei saam met jou neem en jy moet sê jy het gekom om vir die Here te offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel sê toe: “Maar ek kan nie sommer net gaan en dit doen nie! As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak!” “Nou maar vat dan ’n verskalf,” sê die Here, “en sê jy wil die dier vir die Here gaan offer.