1 Samuel 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord een van die diensknegte en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat slinks is om te speel, en 'n dapper magtige man en 'n krygsman en verstandig in sake en 'n mooi mens; en die HERE is met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van Saul se amptenare sê toe vir hom: “Ek het ’n seun van Isai uit Betlehem teëgekom wat goed kan speel. Hy is dapper en ’n goeie vegter. Hy is goed met woorde en ook aantreklik. Die Here is met hom.”
Afrikaans 1933/1953 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die HERE is met hom.
Afrikaans 1983 Een van die amptenare antwoord hom: “Ek het 'n seun van Isai die Betlehemmer hoor speel. Hy is 'n dapper man en 'n goeie vegter. Hy kan sy woord goed doen en het 'n goeie voorkoms. Die Here is by hom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een van die jong manne antwoord toe en sê: “Kyk, ek het 'n seun van Isai, van Betlehem, gesien wat weet hoe om te speel. Hy is 'n dapper kryger, 'n krygsman; hy kan sy woord goed doen en is aantreklik. En die Here is met hom. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die amptenare het toe gesê: “Ek het gesien een van Isai van Betlehem se seuns kan goed musiek maak op die lier. Hy is 'n belangrike man en hy kan goed oorlog maak en goed praat. Hy is mooi en die Here is by hom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die paleiswerkers sê toe: “Ek weet van iemand wat goed kan speel: een van die seuns van Isai wat in Betlehem bly. Hy is nie bang nie en hy kan goed veg. ’n Mens kan luister na wat hy sê, en hy is ’n mooi jong man. Die Here is by hom.”