1 Samuel 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees van die HERE het hom verskrik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Gees van die Here het Saul verlaat. ’n Bose gees wat die Here gestuur het, het hom geteister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees wat deur die Here gestuur is, het hom voortdurend ontstel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees wat van die Here af kom, het hom beangs gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Gees van die Here het weggegaan van Saul, en 'n bose gees wat van die Here gekom het, het vir Saul laat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Gees van die Here was nie meer by Saul nie. Saul het partykeer verskriklik bang geword, want die Here het toegelaat dat ’n slegte gees hom beetpak. |