1 Samuel 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Samuel die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van daardie dag af oor Dawid gekom. Samuel het toe opgestaan en na Rama gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, neem Samuel die olie wat hy saamgebring het en gooi dit uit op Dawid se kop. Van toe af het die Gees van die Here kragtig in hom gewerk. Daarna het Samuel na Rama toe teruggegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van die dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk. Daarna het Samuel klaargemaak en na Rama toe teruggegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het die horing met olie geneem en hom daar tussen sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af en ook verder van Dawid besit geneem. Samuel het toe opgestaan en na Rama gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het die horing met die olyf-olie daarin geneem en hy het vir Dawid gesalf. Sy broers het dit gesien. Die Gees van die Here het van daardie dag af in Dawid gekom. Samuel het gereedgemaak en teruggegaan na Rama. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het die horing met olyfolie gevat en dit daar voor sy broers op Dawid se kop uitgegooi. Van daardie dag af het die Here se Gees in Dawid gewerk. Samuel het teruggegaan Rama toe. |