1 Samuel 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gestuur en hom ingebring. Nou was hy rooierig en mooi van voorkoms en mooi om na te kyk. Toe sê die HERE: Staan op, salf hom, want dit is hy.
Afrikaans (NLV) 2011 Isai het so gemaak en hom laat roep. Hy was rooierig van voorkoms, aantreklik met mooi oë. Uiteindelik sê die Here: “Dis die regte een. Salf hom.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en 'n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
Afrikaans 1983 Isai het hom laat haal. Hy het 'n rooi gelaatskleur gehad, mooi oë en 'n goeie voorkoms. Toe sê die Here: “Staan op, salf hom, want dis hý.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dit gedoen en hom toe laat inkom. Die seun was rooierig, met mooi oë en 'n goeie voorkoms. Die Here sê toe: “Staan op, salf hom, want dit is hy.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isai het vir Dawid laat kom. Dawid het baie gesond gelyk. Hy het mooi oë gehad en hy kon goed sien. Die Here het gesê: “Jy moet opstaan en hom salf, want hy is die regte een.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isai het hom laat haal. Hy was ’n mooi kind met ’n seunsgesig en mooi oë. Toe sê die Here: “Dis hy! Staan op en salf hom.”