1 Samuel 16:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel vir Isai: Is al jou kinders hier? En hy sê: Daar is nog die jongste oor, en kyk, hy hou die skape op. En Samuel sê vir Isai: Stuur en haal hom, want ons sal nie gaan sit voordat hy hierheen kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom vra hy: “Is hierdie al jou seuns?” “Die jongste is nie hier nie,” antwoord Isai. “Hy pas die skape op.” “Stuur iemand om hom te gaan haal,” sê Samuel. “Ons kan nie eet voordat hy ook hier is nie.”
Afrikaans 1933/1953 Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie.
Afrikaans 1983 Daarop het Samuel vir Isai gevra: “Is dit al jou seuns dié?” En hy het geantwoord: “Die jongste is nog oor, maar hy pas nou skape op.” Toe sê Samuel vir Isai: “Laat haal hom, want ons eet nie voordat hy hier is nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel vra toe vir Isai: “Is dit al die jong manne?” Hy het geantwoord: “Die jongste is nog oor, maar kyk, hy is besig om die kleinvee op te pas.” Toe sê Samuel vir Isai: “Laat haal hom, want ons gaan nie eet voordat hy hier aankom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel vra toe vir Isai: “Het jy nog ander seuns?” Isai het gesê: “Daar is nog een seun, hy is die jongste, maar hy pas die skape en bokke op.” Samuel het vir Isai gesê: “Jy moet hom laat kom, want ons sal nie begin eet voordat hy hier is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is dit al jou kinders?” Isai antwoord hom: “Die jongste seun is nie hier nie, want hy pas die skape op.” “Laat hom ook kom,” sê Samuel vir Isai, “want ons gaan nie eet voor hy ook hier is nie.”