1 Samuel 15:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul aan die Keniete: Gaan heen, trek weg, trek julle af onder die Amalekiete, dat ek julle nie saam met hulle vernietig nie; want julle het guns bewys aan al die kinders van Israel toe hulle uit Egipte opgetrek het. So het die Keniete onder die Amalekiete uit weggetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy stuur ook ’n boodskap aan die Keniete: “Gee pad tussen die Amalekiete, anders sal julle saam met hulle omkom. Julle was Israel immers goedgesind toe hulle uit Egipte opgetrek het.” Die Keniete het toe padgegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | sê Saul vir die Keniete: Gaan weg, verwyder julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam wegruim nie; want julle het guns bewys aan al die kinders van Israel by hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder onder die Amalekiete uit. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Saul die Keniete laat weet: “Gee gou pad tussen die Amalekiete uit sodat ek julle nie saam met hulle uit die weg ruim nie, want julle het die Israeliete goed behandel toe hulle uit Egipte getrek het.” Die Keniete het toe tussen die Amalekiete uit padgegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het vir die Keniete gesê: “Gee pad! Kom weg daar tussen die Amalekiete, anders vernietig ek julle saam met hulle. Julle is die mense wat guns bewys het aan al die Israeliete toe hulle uit Egipte opgetrek het.” Die Keniete het toe onder die Amalekiete uit padgegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het vir die Keniete 'n boodskap gestuur. Hy het gesê: “Julle moet weggaan van die Amalekiete, julle moenie by hulle bly nie. Dan sal ons julle nie doodmaak saam met die Amalekiete nie, want julle het goed gedoen aan die Israeliete toe hulle uit Egipte gekom het.” Die Keniete het toe weggegaan van die Amalekiete, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hy het eers vir die Keniete laat weet: “Maak dat julle wegkom van die Amalekiete af, anders maak ek julle dalk saam met hulle dood. Ek wil dit nie doen nie, want julle was goed vir die Israeliete toe hulle uit Egipte getrek het.” Die Keniete het toe van die Amalekiete af padgegee. |