1 Samuel 15:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het nie meer gekom om Saul te sien tot die dag van sy dood nie; nogtans het Samuel oor Saul getreur, en die HERE het berou gehad dat hy Saul koning oor Israel gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel het tot op die dag van sy dood nooit weer vir Saul gesien nie, hoewel hy oor hom gerou het. Die Here het berou gehad dat Hy Saul koning van Israel gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want Samuel het getreur oor Saul; en die HERE het berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel. |
| Afrikaans 1983 | Tot die dag van sy dood het Samuel nie weer vir Saul gesien nie. Samuel het oor Saul getreur, en die Here was bedroef daaroor dat Hy vir Saul koning oor Israel gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het tot die dag van sy dood nie weer vir Saul gesien nie, alhoewel Samuel oor Saul getreur het. Die Here was spyt dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het nooit weer vir Saul gesien nie. Maar Samuel het oor Saul gehuil en getreur. Die Here was jammer dat Hy vir Saul koning gemaak het oor die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het nooit weer vir Saul gesien solank hy geleef het nie. Samuel het oor Saul gehuil en die Here was jammer dat Hy Saul koning laat maak het oor Israel. |