1 Samuel 15:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder kinderloos wees onder die vroue. En Samuel het Agag in stukke voor die aangesig van die HERE in Gilgal gekap.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Samuel sê: “Soos jou swaard baie ma’s kinderloos gemaak het, so sal jou ma nou kinderloos wees.” Toe het Samuel vir Agag voor die Here in Gilgal in stukke gekap.
Afrikaans 1933/1953 Maar Samuel het gesê: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarop het Samuel Agag in stukke gekap voor die aangesig van die HERE in Gilgal.
Afrikaans 1983 Samuel het vir hom gesê: “Soos jou swaard vrouens kinderloos gemaak het, so sal jou ma onder die vrouens kinderloos wees.” En Samuel het vir Agag in stukke gekap voor die Here in Gilgal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe sê Samuel: “Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so word jou moeder kinderloos onder die vroue.” Samuel het Agag toe in stukke gekap voor die Here in Gilgal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Samuel het gesê: “Jy het vroue se kinders doodgemaak, en daarom sal jou ma ook nie meer 'n kind hê nie.” Samuel het toe vir Agag in stukke gekap daar by die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Samuel sê vir hom: “Jou swaard het ma’s en hulle kinders doodgemaak; net so gaan jou ma ook nou sonder ’n kind wees.” Toe het Samuel daar by die altaar in Gilgal Agag se kop afgekap.