1 Samuel 15:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel: Bring Agag, die koning van die Amalekiete, hier na my toe. En Agag het vriendelik na hom gekom. En Agag sê: Waarlik, die bitterheid van die dood is verby.
Afrikaans (NLV) 2011 Samuel sê toe vir Saul: “Bring Agag, koning van die Amalekiete, hier na my toe.” Agag kom toe vol verwagtings, en sê vir homself: “Hulle gaan my beslis nie doodmaak nie!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Samuel: Bring Agag, die koning van Amalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk.
Afrikaans 1983 Toe beveel Samuel: “Bring vir koning Agag van Amalek na my toe.” Agag het opgeruimd na hom toe geloop en gesê: “Nou is ek nie meer bang dat hulle my sal doodmaak nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel het gesê: “Bring Agag, die koning van die Amalekiete, na my toe.” Terwyl Agag in boeie na hom toe loop, het hy gedink: “Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Samuel gesê: “Julle moet vir Agag, die koning van die Amalekiete, na my toe bring.” Agag het na Samuel toe gekom. Agag was nie bekommerd nie. Hy het gesê: “Ek is seker hulle sal my nie doodmaak nie, ek is nie meer bang nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna sê Samuel: “Bring vir Agag, die koning van die Amalekiete, hier.” Agag het na hom toe gegaan. Hy was ewe vrolik en het gedink: “Ek hoef nie meer bang te wees hulle sal my doodmaak nie.”