1 Samuel 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy: Ek het gesondig; tog eer my tog tog voor die oudstes van my volk en voor Israel, en keer terug saam met my, dat ek die HERE jou God kan aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul het weer by hom gepleit: “Ek weet ek het gesondig. Maar asseblief, eer my voor die leiers en die manskappe deur saam met my te gaan om die Here u God te aanbid.”
Afrikaans 1933/1953 En hy sê: Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor Israel, en kom saam met my terug, dat ek die HERE u God kan aanbid.
Afrikaans 1983 “Ek het gesondig,” sê Saul toe. “Eer my tog net voor die leiers van die volk en voor Israel deur saam met my te kom sodat ek die Here u God kan aanbid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het gesondig,” het Saul gesê. “Handhaaf nou asseblief my eer voor die oudstes van my volk en voor Israel, en gaan saam met my terug, dat ek voor die Here, u God, in aanbidding kan buig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Saul: “Ek het sonde gedoen, maar jy moet my asseblief respekteer voor die offisiere en voor die Israeliete. Jy moet saam met my teruggaan, sodat ek tot die Here kan bid.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het gesondig,” sê Saul toe weer. “Moet my asseblief nie voor die Israeliete en hulle leiers verneder nie: kom kniel saam met my voor die Here jou God.”