1 Samuel 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan nou en verslaan Amalek, en vernietig alles wat hulle het, en spaar hulle nie; maar slag man sowel as vrou, suigeling en suigeling, bees en skaap, kameel en esel.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet nou gaan en Amalek heeltemal uitroei. Doen dit sonder dat jy iemand oorsien, mans, vroue, kinders, babas, grootvee, kleinvee, kamele en donkies.’”
Afrikaans 1933/1953 Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.
Afrikaans 1983 Gaan verslaan nou vir Amalek. Jy moet alles wat hy het, om die lewe bring. Jy mag jou oor hom nie ontferm nie. Jy moet man en vrou doodmaak, kind en suigling, bees en skaap, kameel en donkie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan dan nou en verslaan die Amalekiete. Julle moet alles wat aan hulle behoort, met die banvloek tref. Jy mag nie met hulle medelye hê nie. Jy moet man en vrou, kind en suigeling, bees en skaap, kameel en donkie, laat doodmaak.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou moet jy die Amalekiete gaan aanval en oorwin, en jy moet alles doodmaak wat hulle het. Jy moenie jammer wees vir hulle nie, jy moet almal doodmaak: mans en vroue, kinders en babas, beeste, skape, kamele en donkies.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul, jy moet nou met die Amalekiete gaan oorlog maak. Roei hulle almal uit. Moenie jammer wees vir hulle nie. Maak hulle en al hulle diere dood: die mans en vroue, die kinders en babatjies, die beeste en die skape, die kamele en die donkies.”