1 Samuel 15:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook die Sterkte van Israel sal nie lieg en hulle nie bekeer nie, want hy is nie 'n man dat hy hom sou bekeer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Ewige van Israel lieg nie en sal ook nie sy plan verander nie, want Hy is nie ’n mens wat van gedagte verander nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verder, die Ewige van Israel breek nie sy woord nie, en Hy is nie spyt daaroor nie; Hy is immers nie 'n mens nie, dat Hy spyt sou kry nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ook, die Ewige God van Israel is nie vals nie en Hy verander nie sy besluite nie, want Hy is nie soos 'n mens wat sy besluite verander nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die God van Israel, wat altyd daar is, sal nie lieg nie en Hy gaan ook nie sy plan verander nie, want Hy is nie ’n mens nie.” |