1 Samuel 15:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel vir hom: Die HERE het vandag die koninkryk van Israel van jou af geskeur en dit aan 'n naaste van jou gegee wat beter is as jy.
Afrikaans (NLV) 2011 Samuel sê vir hom: “Die Here het vandag die koninkryk van Israel van jou afgeskeur en dit vir iemand anders gegee wat beter is as jy.
Afrikaans 1933/1953 En Samuel sê vir hom: Vandag het die HERE die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy.
Afrikaans 1983 Toe sê Samuel vir hom: “Die Here het die koningskap van Israel nou van jou afgeskeur en dit gegee aan jou naaste wat beter is as jy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel sê toe vir hom: “Die Here het vandag die koningskap van Israel van jou afgeskeur en Hy het dit aan jou medemens gegee wat beter as jy is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Samuel vir Saul: “Jy was koning oor die Israeliete, maar vandag het die Here dit van jou afgeskeur en weggeneem en Hy het dit gegee vir iemand wat beter is as jy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel sê: “Die Here het nou net jou koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit vir iemand anders gegee wat beter is as jy.