1 Samuel 15:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Samuel omdraai om weg te gaan, het hy die slip van sy mantel gegryp, en dit het geskeur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Samuel omdraai om te gaan, gryp Saul aan sy kleed sodat dit geskeur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Samuel hom omdraai om weg te gaan, gryp hy die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur. |
| Afrikaans 1983 | Samuel het weggedraai om te loop, maar Saul het die punt van sy mantel gegryp, en dit het geskeur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Samuel omdraai om te loop, gryp Saul die soom van sy mantel, en dit het geskeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het omgedraai om te gaan, maar Saul het aan Samuel se bo-kleed vasgehou, en die bo-kleed het geskeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Samuel omdraai om weg te loop, gryp Saul hom aan sy mantel. Toe skeur die mantel. |