1 Samuel 15:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel vir Saul: Ek sal nie saam met jou terugkeer nie, want jy het die woord van die HERE verwerp, en die HERE het jou verwerp om koning oor Israel te wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Samuel antwoord: “Ek sal nie saam met jou gaan nie! Omdat jy die Here se opdrag verwerp het, het Hy jou verwerp as koning oor Israel.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die woord van die HERE verwerp het, en nou het die HERE jou verwerp om koning oor Israel te wees.
Afrikaans 1983 Maar Samuel sê vir Saul: “Ek sal nie saam met jou gaan nie, want jy het die woord van die Here verwerp en die Here het jou verwerp as koning oor Israel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het die Here jou verwerp as koning oor Israel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie, want jy het nie gedoen wat die Here vir jou gesê het nie, en die Here sal jou nie meer koning laat wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, ek gaan nie saam met jou nie,” sê Samuel vir hom. “Omdat jy die woorde van die Here eenkant toe gestoot het, het die Here jou ook eenkant toe gestoot. Jy gaan nie meer die koning van Israel wees nie.”