1 Samuel 15:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, want ek het die bevel van die HERE en jou woorde oortree, omdat ek die volk gevrees en na hulle stem geluister het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bely Saul: “Ek het gesondig. Ek was ongehoorsaam aan die Here se opdrag en u voorskrifte, want ek was bang vir die manskappe en het aan hulle versoeke toegegee.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die HERE en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.
Afrikaans 1983 Saul sê toe vir Samuel: “Ek het gesondig, want ek het die bevel van die Here en u opdrag oortree omdat ek vir die manskappe bang was en na hulle versoek geluister het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Saul vir Samuel: “Ek het gesondig, ja, ek het die bevel van die Here en u opdragte oortree, omdat ek bang was vir die manskappe en na hulle geluister het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir Samuel gesê: “Ek het sonde gedoen, ek het nie gedoen wat die Here en jy vir my gesê het nie. Ek was bang vir die manne en ek het gedoen wat hulle gevra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het gesondig,” sê Saul vir Samuel. “Ek was ongehoorsaam aan die Here en ek het nie gedoen wat jy gesê het ek moet doen nie. Maar ek was bang vir die mense en het na hulle geluister.