1 Samuel 15:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want opstandigheid is soos die sonde van towery, en eiesinnigheid is ongeregtigheid en afgodery. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou ook verwerp om koning te wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Opstandigheid is net so ’n oortreding soos waarsêery, en hardkoppigheid is net so ’n sonde soos afgodery. Omdat jy die Here se woord verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”
Afrikaans 1933/1953 Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
Afrikaans 1983 Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, opstandigheid is soos die sonde van waarsêery, en eiesinnigheid soos die euwel van huisgode. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want iemand wat opstandig is, doen ook sonde soos waarsêers sonde doen. En iemand wat ongehoorsaam is, doen ook sonde soos mense wat afgodsbeeldjies het.” “Jy het nie gedoen wat die Here vir jou gesê het nie, daarom het Hy besluit dat jy nie meer koning sal wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om jou teen die Here te verset en jou eie kop te volg is net so erg as om na ’n waarsêer of afgodspriester te luister. Omdat jy die Here se woorde eenkant toe gestoot het, gaan die Here jou as koning eenkant toe stoot.