1 Samuel 15:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die volk het van die buit kleinvee en beeste geneem, die belangrikste van die dinge wat met die banvloek getref moes word, om aan die HERE jou God in Gilgal te offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die soldate het die beste van die skape en beeste gebring om vir die Here u God in Gilgal te offer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer. |
| Afrikaans 1983 | Die manskappe het egter uit die buit kleinvee en beeste gevat, die beste van dié wat van kant gemaak moes word, om aan die Here u God in Gilgal te offer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manskappe het egter uit die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die Here u God in Gilgal te offer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die manne het van die skape en bokke en beeste gevat om hulle vir jou God die Here hier in Gilgal te offer. Dit is die beste van die diere wat gewy was en wat hulle moes doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die manne het die beste skape en beeste wat ons vir die Here moes doodmaak, gevat om hier in Gilgal vir die Here jou God te kom offer.” |