1 Samuel 15:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul vir Samuel: Ja, ek het na die stem van die HERE geluister en gegaan op die pad wat die HERE my gestuur het, en Agag, die koning van Amalek, gebring en die Amalekiete met die banvloek getref.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar ek hét na die Here geluister,” hou Saul vol. “Ek het die opdrag wat Hy my gegee het, uitgevoer. Ek het koning Agag teruggebring, maar ek het al die ander mense doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het na die stem van die HERE geluister en gegaan op die pad waar die HERE my op gestuur het, en Agag, die koning van Amalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref.
Afrikaans 1983 Saul antwoord toe vir Samuel: “Maar ek hét na die bevel van die Here geluister! Ek het gegaan om te doen waarvoor die Here my gestuur het, ek het vir koning Agag van Amalek hierheen gebring, maar die Amalekiete het ek om die lewe gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul sê toe vir Samuel: “Ek het geluister na die stem van die Here. Ek het gegaan op die pad waarop die Here my gestuur het. Ek het Agag, die koning van die Amalekiete, saamgebring, maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir Samuel gesê: “Maar ek hét gedoen wat die Here gesê het, ek hét gegaan toe Hy my gestuur het. Ek het vir Agag, die koning van die Amalekiete, hiernatoe gebring, maar ek het al die Amalekiete doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar ek hét na die Here geluister,” sê Saul vir Samuel. “Ek het gaan doen wat die Here gesê het ek moet doen. Ek het Agag, die koning van die Amalekiete, saamgebring, maar ek het al die ander Amalekiete doodgemaak.