1 Samuel 15:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Ek dink aan wat Amalek aan Israel gedoen het, hoe hy hom op die pad gewag het toe hy uit Egipte opgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: ‘Ek het besluit om Amalek tot verantwoording te roep omdat hulle Israel teengestaan het toe hulle uit Egipte getrek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here die Almagtige gesê: Ek het nie vergeet wat Amalek Israel aangedoen het nie, hoe hy Israel teengestaan het toe hulle uit Egipte getrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Ek het raakgesien wat die Amalekiete aan Israel gedoen het, oor wat hulle vir Israel in die weg gelê het toe hy uit Egipte opgetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: Ek het gesien wat die Amalekiete aan die Israeliete gedoen het. Hulle het die Israeliete aangeval toe die Israeliete uit Egipte gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die magtige Here het gesê Hy onthou baie goed wat die Amalekiete gedoen het toe die Israeliete uit Egipte getrek het. Hulle het die Israeliete voorgekeer. |