1 Samuel 15:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Samuel: Toe jy klein was in jou eie oë, is jy nie die hoof van die stamme van Israel aangestel nie, en die HERE het jou as koning oor Israel gesalf? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel sê vir hom: “Voorheen het jy min van jouself gedink, tog het jy die leier van die stamme van Israel geword. Die Here het jou tot koning van Israel gesalf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Samuel sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En die HERE het jou as koning oor Israel gesalf. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Samuel: “Al is jy klein in jou eie oë, is jy tog die hoof van die stamme van Israel. Die Here het jou gesalf tot koning oor Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel sê toe: “Is jy nie, alhoewel jy klein is in jou eie oë, die hoof van die stamme van Israel nie? En het die Here jou nie as koning gesalf oor Israel nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Samuel: “Jy het gesê jy is nie 'n belangrike man nie, maar jy is nou die hoof van die stamme van Israel. Die Here het jou gesalf en Hy het jou koning oor Israel gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy het mos eers gedink jy is onbelangrik, nie waar nie?” sê Samuel. “Maar toe word jy die leier van al die Israeliete, want die Here het jou koning laat maak oor Israel. |